Waterwys


Die belangrikste vraag wat elke voornemende boorgateienaar vra is: waar is die beste plek om te boor? Om 'n boorgat te sink kos geld. 'n Mens wil dus redelik seker wees dat daar wel water is waar geboor word. Wat is dus die beste manier om te verseker dat ek water sal kry as ek boor, indien daar wel so 'n manier is?

Waar vind 'n mens water?

Water word ondergronds in akwifere gestoor. 'n Akwifeer is 'n laag deurdringbare gesteentes of materiaal soos sand, wat die berging en beweging van water tussen lae van nie-deurdringbare (nie-poreuse) rots soos sandsteen en graniet toelaat. 'n Akwifeer is soos 'n spons wat die water opneem en berg waaruit dit dan later ekonomies onttrek kan word. Die nie-deurdringbare rotsformasies verhoed dat die water uit die "spons" wegbeweeg. Die boonste vlak van die akwifeer word die watertafel genoem.

Neerslag perkoleer deur openinge, porieë en krake in die grond totdat dit die versadigingsone bereik waar al die oop ruimtes deur water opgevul raak. Hierdie versadigingsone word so genoem omdat die water wat afperkoleer, weens die teenwoordigheid van nie-deu dringbare rots, nie verder in die aarde kan indring nie. Water wat in die akwifeer gestoor word, word grondwater genoem.

Hoe vind 'n mens 'n akwifeer?

As 'n mens dus na water soek, probeer 'n mens die posisie van so 'n akwifeer bepaal. Die term "waterwys" word algemeen in die volksmond gebruik om die teenwoordigheid van ondergrondse water aan te dui.

Daar is natuurlik verskillende metodes waarmee ondergrondse water aangewys an word. Ons kan hier net enkele tegnieke aandui wat in vier groepe verdeel kan word:

1. Die hoed-metode

Met die hoed-metode sal 'n boer sy hoed afhaal en dit oor sy skouer gooi. Waar dit val, daar kan geboor word. Hierdie metode beteken net eenvoudig: "kom ons raai, dalk is daar water". Heelwaarskynlik sal die boer reg raai om
daar te boor, veral as hy die omgewing baie goed ken. Hy kon al bewustelik of onbewustelik die omgewing waargeneem het en aan die plantegroei en topografie van die omgewing bepaal het waar water gevind kan word. Boormanne wat reeds geruime tyd in 'n omgewing boor weet ook reeds goed waar die akwifere is en watter tipe rotsformasies in die omgewing voorkom.

2. Wiggelary

Waterwiggelary word reeds eeue lank gebruik om water aan te wys. Die mees bekende metode in die boeregemeenskap is die mikstok (sommiges verkies 'n mikstok van 'n wilge- of kareeboom). Die waterwyser sal met die mikstok loop, een tak van die mik in elke hand, met die punt van die mikstok na bo. Wanneer die mikstok na onder draai, is daar water. 'n Sekere Oom du Preez was iemand wat altyd sukses met die mikstok gehad het. Hy het nooit 'n droë gat aangewys nie. Bygesê, hy het 'n goeie aanvoeling vir die omgewing gehad. Hy sou eers die omgewing behoorlik bespied. Dan het hy 'n mikstok van die naaste kareeboom afgesny, en nie baie lank geloop voordat die mikstok na onder gedraai het nie. Hy sou ook vooraf sê of daar enigsinds 'n moontlikheid is om water op 'n sekere plek raak te boor. 'n Mens kan sekerlik aflei dat hy die plantegroei en topologie goed in ag geneem het.

placeholder image
Foto: <http://www.desertexposure.com/> http://www.desertexposure.com


Daar is natuurlik mense wat in ander metodes glo soos parallelle drade wat
beweeg wanneer jy oor 'n "aar' loop, of 'n waterbottel wat op die oop hand
gebalanseer word. Volgens hierdie geloof sal die waterbottel omkantel
wanneer daar water onder die aarde is.

placeholder image
Foto: <http://sonomacountydowsers.blogspot.com/2008/03/sonoma-county-water-dowser-
rob-thompson.html> http://sonomacountydowsers.blogspot.com/2008/03/sonoma-county-water-dowser-r ob-thompson.html

Buiten dat die waterwyser die omgewing as die verwysingsraamwerk vir sy
waterwys kan gebruik, is daar geen wetenskaplike bewys dat hierdie metodes
werklik gewig dra nie. Sien gerus ook die artikel van Otto van Vuuren
<http://www.boor.co.za/waterwiggelary.html> Wiggelary vs wetenskap in die
aanwys van water elders op hierdie webwerf.

Enige vrae?

Hier is antwoorde op veelgestelde vrae

VRAE

Ons boor so diep as wat die kliënt ons toelaat om te boor. Die diepste gat wat ons geboor het was 426 meter. Die diepte van die gat kan ook beperk word
agv te veel water.

Ons wys nie self water aan nie. Dit is raadsaam om reeds die plek waar die gat geboor moet word te bepaal voordat u die boorman skakel. Die kliënt is verantwoordelik om die plek waar aangewys is toeganklik te maak vir die boor en die kompressor.

Ja. Alle formasies se prys is dieselfde bv rooigraniet, sandsteen, feltsiet, diabaas ens. Slytende kwartsiet en modder word egter teen 'n hoër tarief geboor.

Die standaard grootte van 'n boorgat wissel tussen 160 mm tot 170 mm (indien 'n boorgat diep in die rotsformasie inkalwe, kan kleiner voering nog geïnstalleer word). Ons boor ook gate van 216 mm en installeer voering van 172 mm.

Fred Labuschagne van Tempa Pompe toets ons boorgate.

Een tot twee dae afhangende van die diepte wat geboor word en die tipe formasie.

Ja. Fred Labuschagne (sien elders op hierdie webwerf) sal vir u ook die korrekte spesifikasies vir u pomp aandui.

Kontak ons gerus!