Vrae

Hier is antwoorde op veelgestelde vrae.

1. Tot hoe diep kan julle boor?
Ons boor so diep as wat die kliënt ons toelaat om te boor. Die diepste gat
wat ons geboor het was 426 meter. Die diepte van die gat kan ook beperk word
agv te veel water.

2. Wys julle self water aan?
Ons wys nie self water aan nie. Dit is raadsaam om reeds die plek waar die
gat geboor moet word te bepaal voordat u die boorman skakel. Die kliënt is
verantwoordelik om die plek waar aangewys is toeganklik te maak vir die boor
en die kompressor.

3. Boor julle verskillende soorte formasies?
Ja. Alle formasies se prys is dieselfde bv rooigraniet, sandsteen, feltsiet,
diabaas ens. Slytende kwartsiet en modder word egter teen 'n hoër tarief
geboor.

4. Wat is die diameter van die boorgat?
Die standaard grootte van 'n boorgat wissel tussen 160 mm tot 170 mm (indien
'n boorgat diep in die rotsformasie inkalwe, kan kleiner voering nog
geïnstalleer word). Ons boor ook gate van 216 mm en installeer voering van
172 mm.

5. Toets julle boorgat vir lewering en standhoudenheid?
Fred Labuschagne van Tempa Pompe toets ons boorgate.

6. Moet ek 'n kontrak onderteken voordat geboor word?
Ja

7. Hoe lank neem dit om 'n gat te boor?
Een tot twee dae afhangende van die diepte wat geboor word en die tipe
formasie.

8. Kan julle vir ons die regte tipe pomp aanbeveel wat op die boorgat
gebruik kan word?
Ja. Fred Labuschagne (sien elders op hierdie webwerf) sal vir u ook die
korrekte spesifikasies vir u pomp aandui.