Tot sowat twintig jaar gelede was die stamperboor nog in algemene gebruik.
Alhoewel dit 'n baie doeltreffende tipe boormasjien is, is die groot nadeel
daarvan dat dit 'n baie tydsame proses is om met 'n stamperboor te boor. In
vandag se vinnige lewe kan dit dus nie meer ekonomies met die nuwer
lugdrukbore meeding nie. Afhangende van die omgewing waar geboor word, kan dit van 'n paar dae tot 'n paar weke duur om 'n boorgat met 'n stamperboor te sink. Dit word tans nog gebruik vir sagte kleierige grond aangesien die lugdrukbore geneig is om die klei saam te pers wat die watervloei in die gat sal beperk. Verder word dit ook nog gebruik om ou boorgate skoon te maak en om toerusting uit boorgate te haal.
Lugdrukbore is tans die mees algemene boormasjien wat gebruik word.
Afhangende van die diepte van die boorgat en die formasie wat geboor word,
kan 'n lugdrukboor 'n gat binne een dag sink. Saamgeperste lug word gebruik
om 'n lughamer, aan die punt van die boorstang onder in die gat, aan te
dryf. Hierdie lughamer breek die rotsformasie op en die saamgeperste lug
blaas dan die fyngebreekte rots en ander materiaal, insluitende water wat
kan voorkom, uit die gat.
Die boorgatvoering is basies 'n pyp met 'n wye deursneë wat in die
nuutgeboorde seksies van die gat geplaas word om:
* Tydens die boorproses te verseker dat onstabiele formasies bokant die
boorpunt verkrummel en die boorpunt onder in die gat toeval.
* Die verskillende tipes van ondergrondse formasies van mekaar te isoleer.
* Verskillende onderaardse druksones van mekaar te isoleer en te voorkom dat water in ander sones wegvloei.
* Te verseker dat die onderaardse waterbronne nie gekontamineer raak nie.
Die boorgatvoering is wyd genoeg om te verseker dat die boortoerusting
tydens die boorproses gemaklik daarbinne kan beweeg.
Om die vermoë van 'n boorgat te bepaal word dit aan 'n leweringstoets onderwerp. Die boorgat word uitgepomp en die mate waarin die watervlak by verskillende vloeitempo's sak, sowel as die tyd wat dit neem om na die oorspronklike vlak terug te keer, word dan gemeet. Hieruit kan die eienskappe van die boorgat dan bepaal word. Meer inligting is onder Artikels te kry.
Ons boor so diep as wat die kliënt ons toelaat om te boor. Die diepste gat wat ons geboor het was 426 meter. Die diepte van die gat kan ook beperk word
agv te veel water.
Ons wys nie self water aan nie. Dit is raadsaam om reeds die plek waar die gat geboor moet word te bepaal voordat u die boorman skakel. Die kliënt is verantwoordelik om die plek waar aangewys is toeganklik te maak vir die boor en die kompressor.
Ja. Alle formasies se prys is dieselfde bv rooigraniet, sandsteen, feltsiet, diabaas ens. Slytende kwartsiet en modder word egter teen 'n hoër tarief geboor.
Die standaard grootte van 'n boorgat wissel tussen 160 mm tot 170 mm (indien 'n boorgat diep in die rotsformasie inkalwe, kan kleiner voering nog geïnstalleer word). Ons boor ook gate van 216 mm en installeer voering van 172 mm.
Fred Labuschagne van Tempa Pompe toets ons boorgate.
Een tot twee dae afhangende van die diepte wat geboor word en die tipe formasie.
Ja. Fred Labuschagne (sien elders op hierdie webwerf) sal vir u ook die korrekte spesifikasies vir u pomp aandui.