logo

Labuschagne Boorkontrakteurs vier in 2010 sy 100-jarige jubileum

In 2010 sal dit 'n honderd jaar wees sedert Lenard Labuschagne, die grootvader van Leon Labuschagne, vir water begin boor het. Nou, na al dié jare, lewer Leon Labuschagne en Seun nog steeds dieselfde eerlike en voortreflike diens.

Die vier geslagte Labuschagne het hulle loopbane in die boorbedryf in die jare soos hieronder aangedui, begin:

Leonardus (Lenard) Labuschagne 1910
Herman (Harry) Labuschagne 1930
Leonardus (Leon) Labuschagne 1955
Herman Labuschagne 1988
Arrie Labuschagne 2020

The members of the executive board

4

Lenard

Oupagrootjie Lenard Labuschagne

4

Harry

Oupa Harry Labuschagne

4

Leon

Leon Labuschagne

4

Herman

Herman Labuschagne, huidige bestuurder

LEER ONS BETER KEN

Geskiedenis

Leonardus (Lenard) Labuschagne, die grootvader van die huidige Leon Labuschagne, bekende boorkontrakteur in die Cullinan en Bronkhorstspruit gebied, het omstreeks 1910 begin om vir water te boor. Sy eerste boormasjien was 'n houtraam stamperboor wat deur middel van 'n stoomenjin aangedyf is. Hy het later die stoomenjin met 'n dieselenjin vervang. Sy seun Herman (Oom Harry soos hy algemeen bekend gestaan het), het in 1930 op 16-jarige
ouderdom saam met sy pa begin boor. Leon Labuschagne was self skaars 16 toe hy saam met sý pa, Harry, in 1955 begin boor het. Leon Labuschagne se seun, Herman, het in 1988 by sy pa in die boordery bedryf aangesluit. Tans bestuur Herman Labuschagne die onderneming.

Leon Labuschagne en Seun is in 1995 as 'n bk geregistreer.

HermanLeon

Foto:

Leon Labuschagne (regs) en Herman Labuschagne (links) verseker dat die boorproses reg verloop.

Ons is voorstaanders in die boor industrie

Enige vrae?

Hier is antwoorde op veelgestelde vrae

VRAE

Ons boor so diep as wat die kliënt ons toelaat om te boor. Die diepste gat wat ons geboor het was 426 meter. Die diepte van die gat kan ook beperk word
agv te veel water.

Ons wys nie self water aan nie. Dit is raadsaam om reeds die plek waar die gat geboor moet word te bepaal voordat u die boorman skakel. Die kliënt is verantwoordelik om die plek waar aangewys is toeganklik te maak vir die boor en die kompressor.

Ja. Alle formasies se prys is dieselfde bv rooigraniet, sandsteen, feltsiet, diabaas ens. Slytende kwartsiet en modder word egter teen 'n hoër tarief geboor.

Die standaard grootte van 'n boorgat wissel tussen 160 mm tot 170 mm (indien 'n boorgat diep in die rotsformasie inkalwe, kan kleiner voering nog geïnstalleer word). Ons boor ook gate van 216 mm en installeer voering van 172 mm.

Fred Labuschagne van Tempa Pompe toets ons boorgate.

Een tot twee dae afhangende van die diepte wat geboor word en die tipe formasie.

Ja. Fred Labuschagne (sien elders op hierdie webwerf) sal vir u ook die korrekte spesifikasies vir u pomp aandui.

Kontak ons gerus!