Om mee te begin moet ons eers identifiseer op watter maniere word “water gewys". Ek sit die begrip tussen aanhalingstekens, omdat daar, wat my betref, nie iets is soos waterwys nie. Meeste mense het al op die een of ander manier te doen gehad met tradisionele waterwysmetodes, of ken iemand wat water wys. My ondervinding is dat daar amper ewe veel metodes is as wat daar mense is wat water wys.
SOOS almal teen hierdie tyd weet, is grondwater daardie onsigbare komponent van die hidrologiese siklus wat in die versadigde sone onder
die grondoppervlak voorkom. Om hierdie bron op te spoor en toegang daartoe te verkry, is een of ander vorm van eksplorasie nodig, maar ek wil dit reg van die begin af onomwonde stel dat daar geen onfeilbare metode is wat “water wys" nie.
ONS het in die vorige artikel gekyk na wie grondwater-eksplorasie doen en wat die waarde kan wees wat toegevoeg word indien ’n professionele persoon die eksplorasie doen. Nou gaan ons bietjie verder en kyk na wat so ’n eksplorasieprogram in breë trekke behels.
BUITEN fonteine en putte is die enigste manier om toegang tot grondwater teverkry deur boorgate te sink. Daar is heelwat boortegnieke wat toegepas kan word om suksesvol deur verskeie geologiese formasies te boor. Van die ouer garde sal dalk nostalgies terugdink aan vervloë dae toe die stamperboorman soms vir maande aaneen besig was om, boorkabel vasgeklem in die een hand, te
boor.
TYDENS 'n pomptoets word die boorgat onder beheerde toestande vir 'n sekere tydperk gepomp, waartydens die watervlak-reaksie op vooraf bepaalde tydsintervalle gemeet word. Na gelang van die tipe pomptoets wat uitgevoer word, kan óf boorgat-eienskappe, óf beide boorgat- en akwifeereienskappe
bepaal word.
NET soos enige ander stuk toerusting wat daagliks gebruik word, moet 'n
boorgat ook gereeld onderhou word om seker te maak dat dit in dieselfde, of
ten minste in 'n bruikbare toestand, bly. Wanneer nodig, kan en moet dit
"gediens" word om weer 'n beter lewering of kwaliteit te gee
Ons boor so diep as wat die kliënt ons toelaat om te boor. Die diepste gat wat ons geboor het was 426 meter. Die diepte van die gat kan ook beperk word
agv te veel water.
Ons wys nie self water aan nie. Dit is raadsaam om reeds die plek waar die gat geboor moet word te bepaal voordat u die boorman skakel. Die kliënt is verantwoordelik om die plek waar aangewys is toeganklik te maak vir die boor en die kompressor.
Ja. Alle formasies se prys is dieselfde bv rooigraniet, sandsteen, feltsiet, diabaas ens. Slytende kwartsiet en modder word egter teen 'n hoër tarief geboor.
Die standaard grootte van 'n boorgat wissel tussen 160 mm tot 170 mm (indien 'n boorgat diep in die rotsformasie inkalwe, kan kleiner voering nog geïnstalleer word). Ons boor ook gate van 216 mm en installeer voering van 172 mm.
Fred Labuschagne van Tempa Pompe toets ons boorgate.
Een tot twee dae afhangende van die diepte wat geboor word en die tipe formasie.
Ja. Fred Labuschagne (sien elders op hierdie webwerf) sal vir u ook die korrekte spesifikasies vir u pomp aandui.