Leon Labuschagne en Seun Boorkontrakteurs

Labuschagne Boorkontrakteurs het in 2010 sy 100-jarige jubileum gevier!

In 2010 was dit 'n honderd jaar sedert Lenard Labuschagne, die grootvader van Leon Labuschagne vir water begin boor het. Nou, na al dié jare lewer Leon Labuschagne en Seun nog steeds dieselfde eerlike en voortreflike diens.

Ons bedien die streek vanaf Centurion in die suide tot Hammanskraal in die noorde en vanaf Bronkhorstspruit in die ooste tot duskant Brits in die weste.

Ons boor enige formasie tot die diepte wat u verkies.

Meer inligting oor ons word elders op hierdie webwerf aangebied. Ons is daarop ingestel om u net die beste diens te verskaf.

Hierdie webwerf bevat ook alle inligting wat u sal toelaat om 'n ingeligte besluit oor u nuwe boorgat te neem.

Herman 082 577 3082
Adelle 082 373 4447
Kantoor 065 983 2593

Labuschagne drilling contractors celebrated their 100th anniversary in 2010!

In 2010, it was a hundred years since Lenard Labuschagne, Leon Labuschagne's grandfather started drilling for water. Now, after all these years, Leon Labuschagne and Son still provide the same honest and excellent service.

We serve the region from Centurion in the south to Hammanskraal in the north and from Bronkhorstspruit in the east to Brits in the west.

We drill any formation to the depth you prefer.

Herman 082 577 3082
Adelle 082 373 4447
Kantoor 065 983 2593

placeholder image

Enige vrae?

Hier is antwoorde op veelgestelde vrae

VRAE

Ons boor so diep as wat die kliënt ons toelaat om te boor. Die diepste gat wat ons geboor het was 426 meter. Die diepte van die gat kan ook beperk word
agv te veel water.

Ons wys nie self water aan nie. Dit is raadsaam om reeds die plek waar die gat geboor moet word te bepaal voordat u die boorman skakel. Die kliënt is verantwoordelik om die plek waar aangewys is toeganklik te maak vir die boor en die kompressor.

Ja. Alle formasies se prys is dieselfde bv rooigraniet, sandsteen, feltsiet, diabaas ens. Slytende kwartsiet en modder word egter teen 'n hoër tarief geboor.

Die standaard grootte van 'n boorgat wissel tussen 160 mm tot 170 mm (indien 'n boorgat diep in die rotsformasie inkalwe, kan kleiner voering nog geïnstalleer word). Ons boor ook gate van 216 mm en installeer voering van 172 mm.

Fred Labuschagne van Tempa Pompe toets ons boorgate.

Een tot twee dae afhangende van die diepte wat geboor word en die tipe formasie.

Ja. Fred Labuschagne (sien elders op hierdie webwerf) sal vir u ook die korrekte spesifikasies vir u pomp aandui.

Kontak ons gerus!